Andeha se eerste ontmoeting met Luca laat haar naak voel, en tydens 'n veiling ten bate van haar pa se liefdadigheidsorganisasie in Spanje, word sy as laaste item opgeveil. Die bod word toegestaan op 'n man wat hoegenaamd geen emosie wys nie. Sy word genoop om twee weke saam met die man, wat sy stilletjies die duiwel gedoop het, op die familie se wildsplaas in Suid-Afrika te spandeer. Hy laat haar soos 'n onbeholpe klein dogtertjie voel, en gee haar liederlike gedagtes nog voordat hul vlug Spanje verlaat.Hy ontwyk persoonlike vrae met vernuf, en omdat 'n groep internasionale terroriste op hul eerste nag op die plaas opdaag om Andeha te ontvoer, is sy oortuig dat hy deel is van die komplot.Daar, in die donker nag, terwyl sy en Luca die bosse in vlug, ervaar sy vir die eerste keer in haar lewe iets wat haar asem steel. Nadat sy terugkeer na Spanje word sy deur verskeie mense agtervolg, maar van Luca is daar geen teken nie.Met s terugkeer na Spanje loop hy in 'n gyselaarsdrama vas. Andeha en haar pa word in die ambassadehuis aangehou.Luca word in die skermutseling gewond en Andeha kry die tyding dat hy nie sy beserings oorleef het nie. Haar w reld stort in duie. Sy is spyt oor so baie dinge. Haar pa forseer haar om terug te keer Suid-Afrika toe om te probeer heel word. Sal dit help vir die fel pyn agter haar ribbes?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.