Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Christelike Etiek [Afrikaans] Book

ISBN: 1724627600

ISBN13: 9781724627605

Christelike Etiek

Om eties te wees is nie dieselfde as om te doen "wat die gemeenskap ookal aanvaar" nie. In enige gemeenskap, aanvaar meeste mense standaarde wat inderdaad eties is. Maar standaarde van gedrag in die gemeenskap kan afwyk van wat eties is. 'n Hele gemeenskap kan eties korrup raak. Etiek gaan oor hoe individue besluit wat reg en wat verkeerd is en is die studie van daaglikse gedrag en sluit elke aspek van 'n persoon se lewe in. Daar kan ges word dat etiek 'n standaard van reg en verkeerd, goed en kwaad is. Dit is die wetenskap van gedrag. Etiek vertel aan ons hoe ons behoort op te tree. Etiek het betrekking op wat die gemeenskap sien as moreel reg en verkeerd, aanvaarbaar en onaanvaarbaar, toelaatbaar en ontoelaatbaar. Dit beteken dat etiese beskouings verskil van een kultuur tot 'n ander omdat die kultuur self die maatstaf word waarby reg en verkeerd bepaal word. Christelike etiek verskil van sekul re etiek daarin dat dit gekoppel is aan die Bybel en dus deur die onveranderde waarhede van Skrif bepaal word. Chritelike etiek is dus God-gesentreerd en Christus-gesentreerd eerder as mens-gesentreerd. Christelike etiek volg nie die meerderheidsopinie nie, en dit is meestal nie in ooreenstemming met "gewoonte gedrag" nie. Vir die Christen, berus outoriteit oor korrekte gedrag by God en dit is elke Christen se opdrag om die wil van God te gehoorsaam.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.89
50 Available
Ships within 2-3 days

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured