Hoekom Bywoner as die Meyers stinkryk is? Waarom boer hulle op ʼn koopplaas ver van hulle erfgrond?Skud u leesvere reg vir ʼn nostalgiese storie oor plaaslewe, hede en verlede. Verhoudings, liefde, vreugde, teleurstelling, angs, verraad en moord. Versmelt met die lewe van ʼn rotsvaste boer en sy eggenote, Alexis. Briljant, mooi en spelerig; die spil waarom die storie draai.Word groot saam met hulle vier kinders: Tobias, Blanche, Aldo en Vicky. Altyd Vicky. Steek u kop in ʼn miernes karakters, sienlik en onsienlik. OnsFrans en DwarsFrans. Japan en Bharat Naran. Twicey en blinde Dries, en vele meer. Moordend jaloerse troeteldiere, mensvreter krokodille, lastige bobbejane, rondloper seekoeie, husse met lang ore, helms, tokkelossies, trolle, voorvaders en engele.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.