Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing: Van toeka tot nou [Afrikaans] Book

ISBN: B0CGTTV3WL

ISBN13: 9798859490387

Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing: Van toeka tot nou [Afrikaans]

Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing, word soos volg deur een van die inwoners beskryf: "Ons het eendag oor die Goukammarivier beweeg en die glinsterende water het die massiewe wilger-en eike bome in die water gereflekteer. Nadat ons weer op vaste grond gekom het, was die gras ʼn blougroen kleur wat met wit skynsels van die wit arumlelies afgewissel is. Tulpe, viooltjies en blouklokkies het die grond verder versier. Wit-melkhout, geelhout en Kaapse koeboebessiebome het soos reuse om ons uitgetroon. Die geluide van vo ls was pragtig en toe sien ons ʼn Knysnaloerie, so groot soos ʼn posduif, met bloedrooi pote, smaraggroen rug en ʼn regopstaande kuif en met ʼn helder versierde kop. Die geluide wat die goue koekoek gemaak het was pragtig. Net ʼn entjie verder is die see helder blou met turkoois gedagtes, die berge skakerings van diepblou tot grysblou, en die lug skoon, helderblou en hemelsblou."
Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing (wat ongeveer 20 kilometers van Knysna en 59 kilometers van George is), word deur sommige mense as die mooiste en mees diverse gebied in ons land beskou. Woorde wat gebruik word om die area te beskryf is gewoonlik "lushof", "pragplek", "paradys" en "verskeidenheid". Die natuurreservaat van 2500 hektaar bestaan uit verskillende tipes fynbos en woude, sowel as uit vleilande, vloedvlaktes, ʼn varswatermeer en ʼn riviermonding terwyl die marienereservaat uit ʼn kuslyn van ongeveer 18 kilometers bestaan. As gevolg van die mooi en diverse omgewing word verskeie (en skaars) vo ls, visse, diere sowel as plante en boomspesies hier aangetref. Behalwe dat die omgewing baie mooi en divers is, het die gebied ʼn baie ryke geskiedenis wat reeds in die 1700's ontstaan het.

Marius Bakkes, historikus en skrywer beskryf die boek soos volg: "baie interessant, insiggewend, volledig, boeiend en maklik leesbaar."
****Ebben Stegmann van Zyl is in Parow, Kaapprovinsie gebore. Hy bring egter meeste van sy grootword jare in Pretoria deur waar hy matrikuleer aan die Ho rskool Menlopark in 1976. Hy verwerf sy DCom-graad aan die Universiteit van Pretoria in 1991. Sedert 1994 doseer hy aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy tans 'n emeritus professor aan die Department Bedryfsielkunde is. Hy publiseer talle artikels oor leierskapverwante onderwerpe en is die redakteur en mede-skrywer van 3 leierskapboeke (onder andere "Leadership in the African Context" 2009, 2016 en 2022 uitgawes, "Peace Leadership: Self-transformation to Peace" en "Chaos is a gift? Leading Oneself in Uncertain and Complex Environments"). Hy ontvang die toekennings: Top Presteerder: Navorsing aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (1999 en 2015, Universiteit van die Vrystaat) en "Research Excellence", Universiteit van die Vrystaat (2004). Nadat hy in 2021 afgetree het, skryf hy Afrikaanse boeke wat handel oor die geskiedenis en ontwikkeling van mooi en interessante plekke in Suid-Afrika.Ebben is getroud met Erna, en het drie seuns (Altus, wat getroud is met Christi; Ignus wat getroud is met Carla en Marnus wat in 'n verhouding is met Kyra). Verder het hy twee kleinseuns: Michau en Albert. Sy stokperdjies sluit in tyd spandeer met kleinkinders, bergfietsry, vo ls besigtig, reis en fotografie.

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Save to List

Related Subjects

Travel

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured