Ansja is in haar laaste mediese studiejaar. Haar ma sterf in 'n grusame ongeluk waar sy en haar man, Karel, met hulle tweede wittebrood gaan kamp het. Ansja blameer haar stiefpa vir die ongeluk en haar ouma Drienke probeer alles in haar vermo om die vrede tussen hulle te herstel. 'n Man uit Drienke se verlede daag onverwags op n die begrafnis en begin om die lewe vir almal ondraaglik te maak. Dit word 'n totale, diaboliese aanslag teen die plaas, sy mense en sy werkers. Dermate dat hulle lewens in doodsgevaar is. Speurder-sersant Booyse vat skaars grond om almal te beveilig en eers toe Bertie veilig agter tralies is, keer hulle lewens terug na normaal. Maar nie vir lank nie. Drienke beland in die hospitaal die dag toe Bertie ontsnap. Booyse wag die gesin by die plaas in en deel hulle die slegte nuus mee. Wat nou? Gaan Drienke gesond word? Gaan Bertie gevang word? Wat van Booyse en Ansja se groot liefde vir mekaar? 13 Hoofstukke 21499 Woorde
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.