Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Blou Erfporsie: Van Isilimela tot Stilbaai - 'n Lewensreis [Afrikaans] Book

ISBN: 1497561132

ISBN13: 9781497561137

Blou Erfporsie: Van Isilimela tot Stilbaai - 'n Lewensreis [Afrikaans]

Blou Erfporsie is die storie van 'n lewensreis wat begin met 'n twaalfjarige seuntjie wat impulsief beloof om 'n sendeling te word, as die Here tog net sy oog sal laat ophou pyn. En 'n dogtertjie wat viooltjies verkoop vir haar sendingbussie. Die storie kry momentum met 'n skip wat aan die Pondoland se kus strand tydens die Tweede W reld-Oorlog en Isilimela Hospitaal wat met 'n noodoperasie ingewy word. Hierdie ware lewensverhaal van Nico en Marth Geldenhuys, pionier mediese sendelinge, speel af teen die agtergrond van die ongetemde Wildekus van die Transkei toe die NG kerk daar begin het met mediese sendingwerk in 1940 - 1980. Dis ook hier waar 'n romantiese liefde begin blom. Dit is die storie van "Smiles" (of was dit waterige blou ogies?) en sy donkerkop bruid. Die stryd om die werk op mediese, sowel as geestelike vlak te laat vorder, die struikelblokke, die geskiedenis van die gebied, sowel as 'n uitbeelding van die Xhosa-gemeenskap, vorm 'n interessante deel van die beskrywings. Dit is ook die storie van agt kinders... en 'n 94-jarige ouma wat met 'n olifant aan die hand die koerant stormloop. Dis bowenal die verhaal van geloof in God en 'n onwrikbare begeerte om Hom te dien, al kos dit baie opofferinge.

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Notice | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured