Op ʼn plattelandse dorpie, in die middel van ʼn stormagtige nag word ʼn jong seun met raaiselagtige en noodlottige beserings na ʼn klein kliniekgebou gehaas. Wanneer die seun se liggaam verdwyn, word ʼn kettingreaksie van geweld ontsluit wat die rustigheid en vrede van ʼn plaasgemeenskap tot in sy fondasie ruk en wat selfs die mees gevestigde natuurwette omverwerp. Dit is teen hierdie agtergrond, waar geweld, geheim, geloof, feit en mite mekaar die stryd aans , dat Reinhard Malan homself in die middelpunt van die chaos bevind en probeer om sin van sy eie lewe te maak. Maar dit is in hierdie lewensgevaarlike omstandighede waar hy weer leer wat die lewe beteken, vrede maak met homself en sy verlede, en waar hy die moed kry om aan te hou veg vir ʼn beter toekoms.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.