Wanneer Barend se mamma-beer 'n uitnodiging uit Die Hemel ontvang is Barend aanvanklik kwaad. Hoe kan sy ma hom alleen los terwyl sy op reis gaan na 'n plek waarvandaan sy nie beplan om terug te keer nie? Barend agtervolg sy ma wanneer sy haar reis aanhef, maar op pad Hemel toe verloor hy haar spoor en verdwaal hy in die Woud van Hartseer. Hoe gaan hy sy pad uit die diepste, donkerste woud in die w reld vind? Volg Barend op die grootste avontuur van sy lewe, terwyl hy die pad huis toe vind, terug na waar hy in sy drome en gedagtes deur sy moeder besoek kan word, en die enigste adres waar hy sy eie hemelse uitnodiging eendag kan ontvang. Barend Beer en die Woud van Hartseer is 'n verhaal oor verlies, maar ook oor hoop en die vriendskappe wat in die grootste oomblikke van nood gesmee word. Hierdie boek is geskik vir kinders en tieners wat reeds gevorderde lesers is, asook vir enigiemand wat hulself in die Woud van Hartseer bevind na die verlies van 'n geliefde. Die tema van verlies word met teerheid aangebied, en dus kan selfs die jongstes en die oudstes by hierdie verhaal aanklank vind.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $20. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.