Vir Arabella Alexander, 'n eenkant-dromer aan die sonkant van die lewe, het Rainer alles kom vervolmaak. In haar beskermde w reld was geen plek vir skadus nie en dat hierdie paradys in duie kon stort, was ondenkbaar.Maar dit het, en sommerso skielik staan sy alleen - ongetoets in liefde en in haar geloof.Die klein kring wie se menings by haar tel, weier hardnekkig om te glo wat sy met haar eie o aanskou het en s hul steun eendragtig toe aan die man wat haar Eden in 'n dorsland verander het. Die res van die dorp verwerp hom.En sy? Sy vind dat liefde nie voorgeskryf kan word nie en dat boosheid in vele gedaantes kom: Onder andere as veroordeling op sigwaarde en onbetrokkenheid by die weerloses - wat skreiende onreg gebaar het. In die rustige, plattelandse dorpie broei donker geheime sedert die duiwel dit ongemerk sy l plek gemaak het. Aan die boesem van die gemeenskap glimlag die adder soos 'n engel, en hulle is salig onbewus daarvan dat sy teiken die kosbares is: hulle kinders.Teen hierdie agtergrond wonder Arabella watter gesig is di van die man wat weier om haar hart te laat los: Die duiwel wat haar bedrieg het, of die engel wat sy sien wanneer 'n kind tragies sterf?Sien is mos glo. Of is dit?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.